Twee boeties verdwaal vir byna vier weke in Amasone

Lees ook :

Twee boeties wat vir byna vier weke in die Amasone net van reënwater oorleef het, is lewendig gevind en in die hospitaal opgeneem.

BBC berig Glauco (8) en Gleison (6) Ferreira het op 18 Februarie in die woud naby Manicoré vermis geraak tow hulle klein voëltjies wou gaan vang.

‘n Plaaslike houtkapper het toevallig Dinsdag op hulle afgekom.

Honderde inwoners het saamgespan en vir weke lank na die twee boeties gesoek na hulle vermis geraak het.

Die reënseisoen in die Amasone het dit moeilik gemaak om in die woud rond te loop en die seuns het vermis gebly.

Nooddienste het op 24 Februarie die amptelike soektog na die seuns stopgesit, maar plaaslike inwoners het volgens Amazônia Real aangehou soek.

Byna vier weke later het ‘n houtkapper op die seuns afgekom, 6 km van waar hulle saam met hulle ouers woon.

Een van die seuns het om hulp geroep toe hulle die man hoor bome afkap. Die man het toe op die twee swak en honger seuns op die grond in die reënwoud afgekom.

Volgens plaaslike media het die twee seuns aan hulle ouers gesê dat hulle niks geëet het nie en net reënwater gehad het om te drink.

In Januarie verlede jaar het ‘n vlieënier ook in die Amasone verdwaal na sy vliegtuig geval het. – BBC

Lees ook: Will Smith bedank uit Oscars na klap-episode

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief