BUFFELSDRAAI, KZN. – Die liggame van twee mans is Saterdagoggend op Buffelsdraai gevind. Beide is na bewering op teregstellingswyse verskeie skote in die kop toegedien.
Reaction Unita South Africa is om 6:15 na die toneel ontbied nadat inwoners skote gehoor het. Aanvanklik is vermoed dat dit ’n rooftog is wat besig was om plaas te vind.
Die eerste slagoffer se liggaam is met hulle aankoms op die toneel aangetref. ’n Tweede slagoffer is ’n paar meter weg langs die pad gevind. Beide is op die toneel dood verklaar.
Owerhede het ’n .38-rewolwer en ’n swart sak met lewendige 9 mm-ammunisie langs die tweede liggaam gevind. Volgens Rusa is 9 mm-rondtes (ongeveer 20) op die toneel afgevuur.
Die motief vir die moord is nog onbekend.
Bron: Reaction Unit South Africa





