Brekende Nuus
Nuus

Moordsake in Pretoria-Wes ondersoek

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Die polisie in Pretoria-Wes ondersoek twee afsonderlike moordsake nadat ’n 25-jarige vrou en ’n 40-jarige man binne twee dae dood aangetref is.

Brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, sê in die eerste voorval is die liggaam van die 25-jarige vrou op 14 September kort voor 07:00 nakend op die vloer van ’n woonstel in Christoffelstraat gevind. Sy het sigbare kneusplekke gehad en daar word vermoed dat sy verwurg en verkrag is.

In die tweede voorval is die liggaam van ’n 40-jarige man op 15 September omstreeks 06:15 in WF Nkomostraat aangetref. Hy het steekwonde opgedoen en paramedici het hom op die toneel dood verklaar.

Misdaadbestuur en ander rolspelers was op albei tonele. Die liggame van die slagoffers is geïdentifiseer. Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie. Enigiemand met elevante inligting word gevra om na vore te kom.