Twee ontbinde liggame in rivier gevind

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Twee toegedraaide liggame in ‘n gevorderde stadium van ontbinding is by ‘n brug in ‘n rivier in Oranjeville ontdek.

Kapt. Loraine Earle sê ‘n verbyganger het Vrydag net na 14:00 ‘n liggaam raakgesien en aangemeld. Die polisie se duikeenheid het die tweede liggaam meters van die ander liggaam ontdek. Beide die oorledenes se hande was vasgeboei en hulle voete was met kabelbinders vasgebind. Die oorledenes is tussen 40 en 55 jaar oud geskat. Sake van moord is geopen.

Die polisie vra hulp om die oorledenes te identifiseer, aangesien geen vorm van identifikasie by hulle aangetref is nie.

Een oorledene het geen tande in sy mond nie, maar het baie tatoes, waarvan “Billie 08/06/2016” op sy rug, ‘n kruis met vuur op sy regterbeen en op sy linkerhand die woord “Kauthew.”

Die tweede oorledene het die woord “International Croock” op sy rug en vlamme op sy linkerbeen getattoeëer.

Enigiemand wat die oorledenes kan identifiseer, word gevra om kol. Ben Bolsiek by 082 466 8530 te bel.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief