NOORDWES. – ’n Man (57) en sy vrou (52) is dood aangetref nadat die polisie Vrydagoggend vroeg op ‘n klagte van ’n skietvoorval op ’n kleinhoewe in Melodie bygewoon het. Albei die man en vrou is met skietwonde aan die kop in hul slaapkamer aangetref.
Volgens konst. Thuto Bobelo, polisiewoordvoerder, het die egpaar se 30-jarige dogter in ’n ander slaapkamer geslaap. Sy het ondersoek ingestel en ’n veiligheidshek oopgedwing nadat sy ‘n skoot uit haar ouers se slaapkamer gehoor het. Haar ouers is dood aangetref. Sy het daarna die polisie ontbied. ’n Rewolwer is op die bed tussen die twee oorledenes gevind.
Die omstandighede van hul dood word deur die polisie ondersoek.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: