Brekende Nuus
Nuus

Wagpos-leerlinge ernstig beseer in ongeluk

Foto: Hoërskool Wagpos

NOORDWES. – Armand Smit en Theunis Holtzhausen, gr. 8-leerlinge van Hoërskool Wagpos in Brits, is ernstig beseer nadat hulle Sondag in ’n ongeluk met ’n vierwielmotorfiets en ’n bakkie betrokke was.

Volgens die skool was die twee leerlinge saam op die vierwielmotorfiets toe die botsing plaasgevind het. Armand is in Mediclinic Brits opgeneem, terwyl Theunis per helikopter van Mediclinic Brits na Mediclinic Sandton vervoer is vir verdere mediese behandeling. 

Die skool het gesê sy gemeenskap bid vir die twee leerlinge se spoedige en volkome herstel en dink ook aan hul ouers, families en geliefdes.