‘Vakansieswendelaar’ met 37 sake op R100 000 borg vrygelaat

Lees ook :

Foto: Yusuf Abramjee

GAUTENG. – Premila Shunmugam (57) van Silver Touch Events in Greenstone Hill, wat op drie aanklagte van bedrog ter waarde van R400 000 in die Pretoria-landdroshof verskyn het, is Dinsdag op R100 000 borg vrygelaat. Minstens 37 sake is reeds aangemeld, maar Shunmugam is nog nie vir die sake aangekla nie.

Luidens ‘n verklaring deur Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, word beweer dat Shunmugam in Julie 2025 dieselfde modus operandi gebruik het om kliënte te bedrieg deur luukse oorsese reise aan te bied. Nadat ooreenkomste aangegaan is, het niksvermoedende kliënte wat na droomvakansies uitgesien het, geld na haar oorgeplaas, maar geen dienste is gelewer nie en die geld is nie terugbetaal nie.

Die klaers het die sake by verskeie polisiekantore aangemeld. Shunmugam het op 8 Desember 2025 by die Wierdabrug-polisiekantoor aangemeld om ’n verklaring af te lê en is ná ondervraging in hegtenis geneem.

Die staat het borgtog teengestaan en ’n beëdigde verklaring van sers. Martin Malapela, die ondersoekbeampte, is voorgelê waarin aangevoer is dat die beskuldigde ’n vorige bedrogskuldigbevinding uit 2006 het en dat 37 sake teen haar in Gauteng en ander provinsies oopgemaak is. Die landdros het egter bevind dat die oop sake nog nie tot aanklagte gelei het nie en dat ’n enkele vorige skuldigbevinding nie op ’n geneigdheid tot misdaad dui nie. Om dié redes is daar uitsonderlike omstandighede vir borgtog gevind.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 18 Februarie 2026 uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief