Valke lê op miljoene se chemikalieë en wasmiddels beslag

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Die Valke het Dinsdag chemikalieë en wasmiddels ter waarde van miljoene rande by Windmill Park- informele nedersetting in Boksburg in beslag geneem.

Kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die beslaglegging volg op inligting van ’n handelsmerk-eienaar oor ’n vermoedelike onwettige fabriek wat wasmiddels en skuimbaddprodukte vervaardig. Met aankoms op die perseel het beamptes groot hoeveelhede chemikalieë en produkte gevind, insluitend bleikmiddel, wasgoedversagter, skottelgoedseep, badskuim en roomreiniger met ammoniak as basis. Die produkte is vermoedelik in 200 liter-houers gemeng en herverpak in hergebruikte houers met handelsmerketikette van bekende handelsmerke soos Unilever en Colgate-Palmolive. Daar is op chemikalieë beslag gelê wat in die algemeen vir die vervaardiging van seep en wasmiddels gebruik word. Houers wat nog nie skoongemaak was nie en weer gebruik sou word vir herverpakking is ook gevind.

Al die produkte en chemikalieë sal forensies ondersoek word om te bepaal of dit vervals is en om vas te stel watter wette oortree is.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief