Vandag is Internasionale LEGO-dag!

Lees ook :

Vandag, 28 Januarie, staan bekend as Internasionale LEGO-dag omdat Godtfred Kirk Christiansen op dié datum, in 1958 aansoek gedoen het om die patent vir die LEGO-blokkie te geregistreer. Hy het ook die produk se motto geskep: Only the best is good enough.

Die LWGO Group produseer sowat 60 biljoen blokkies ‘n jaar. Aanvanklik was die blokkies van hout gemaak, maar is later van plastiek vervaardig weens ‘n  tekort aan hout.

LEGO-stelle het deur die jare ‘n groot verskeidenheid temas opgelewer, soos argitektuur, botanies, stad, Disney, NINJAGO, Star Wars en baie meer

Jy kan jou idees oor watter temas gebruik moet word, na die LEGO Group stuur. Kyk op hulle webwerf by LEGO ideas en laai ‘n foto of meer op.

Bronne: Guinness World Records, The South African

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief