Vandag is wêreldfietsdag

Lees ook :

Vandag is wêreldfietsdag en in April 2018 het die algemene vergadering van die Verenigde Nasies 3 Junie as Internasionale Wêreldfietsdag verklaar. Die resolusie vir Wêreldfietsdag erken “die uniekheid en veelsydigheid van die fiets, wat al twee eeue gebruik is, as ‘n eenvoudige, bekostigbare, betroubare, skoon en omgewingsvriendelike volhoubare vervoermiddel.”

Wêreldfietsdag is ‘n dag om fietsry in alle vorme te bevorder, en die bydrae wat die fiets tot ons alledaagse lewe lewer – as ‘n vervoermiddel, ‘n gesonde vorm van ontspanning en ‘n mededingende sport – te vier.

Hoekom fietsry goed is vir jou

  • Dis sag op die omgewing
  • Dit verbeter geestelike welsyn en verminder stres
  • Dit het kardiovaskulêre voordele
  • Dit versterk breinkrag
  • Dit bevorder stadige veroudering
  • Dit bevorder gewigsverlies en bou spiere
  • Dit verbeter slaap

Bronne: https://en.wikipedia.org/wiki/World_Bicycle_Day. https://www.cyclingsa.com/news-and-press/2019/5/28/lets-celebrate-world-bicycle-day-on-3-june-2019

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief