Net twee blokke vir elektrisiteitstariewe, maar word steeds verhoog

Lees ook :

Die prys van elektrisiteit gaan op, maar verbruikers kan verlig wees die seisoenale tariefstelsel, die sogenaamde vierbloktariefstelsel, wat sou beteken tariewe sou hoër in die winter as die somer wees, gaan nie nou in werking gestel word nie.

Tumelo Mosikare, sekretaris van die Sol Plaatje-gemeenskapsforum, sê: “Raadslede van alle partye het met nuwe energie by die laaste raadsvergaardering saamgestem die munisipaliteit moet meer effektief gemaak word.”

Voorts sê hy: “Die raad het saam tot ’n besluit gekom oor die verhoging van die tarief vir elektrisiteit.”

Vanaf Julie gaan verbruikers R1.66 per eenheid vir elektrisieteit betaal. Na 350 kWh sal verbruikers R2.33 per eenheid moet betaal.

“Ons moet seker maak ons wykslede, raadslede, administrateurs en die inwoners werk saam om die mors van hulpbronne te verhoed. Ek hoop die raadslede kan die gees van samewerking vir die volgende jaar behou,” sluit Mosikare af.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief