Verbode immigrante met meer as R3 m. dwelms vasgetrek

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Twee ongedokumenteerde buitelanders is Dinsdag vir die handel in dwelms, waarvan die straatwaarde op meer as R3 m. geskat is, gearresteer.

Kol. Robert Netshiunda sê die polisie was met ‘n operasie besig en het inligting van ‘n man (34) wat dwelms verkoop, ontvang. Die verdagte is in Umbilo opgemerk en tydens deursoeking van sy voertuig is op 900 heroïenkapsules afgekom.

“Opvolgondersoeke het die polisie na die verdagte se huis in Sphiwe Zumalaan in Umbilo gelei, waar nog heroïenkapsules en poeier gevind is.”

Netshiunda sê die dwelms met ‘n geskatte straatwaarde van R2 m. is gekonfiskeer en die verdagte is op aanklagte van dwelmhandel en oortreding van die immigrasiewet gearresteer.

“Tydens ‘n ander dwelmoperasie is ‘n 38-jarige onwettige immigrant gearresteer nadat hy in die besit van heroïenpoeier in Berea gevind is.”

As gevolg van die verdagte se vermoedelike betrokkenheid by dwelmverwante aktiwiteite is hy deur die polisie dopgehou. ‘n Deursoeking van sy woonstel in Rileystraat in Essenwood het tot die ontdekking van heroïenpoeier met ‘n geskatte straatwaarde van meer as R1 m. gelei.

Netshiunda sê beide die verdagtes sal vandag in die Durban-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief