Verdagte doodgeskiet wat vuurwapen gryp en skiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Gesoekte moordverdagte is Maandagaand tydens ‘n stoeiery om beheer oor ‘n vuurwapen te kry deur die polisie in Hillcrest doodgeskiet.

Kol. Robert Netshiunda sê lede van die stabiliseringseenheid het die verdagte by King Shaka Internasionale Lughawe in hegtenis geneem toe hy glo probeer vlug het uit die provinsie. Tydens die soektog vir die verdagte se makker is die polisie met hom na ‘n residensiële landgoed in Ashleystraat. Die verdagte wou glo die badkamer gebruik en een van sy hande is uit die boeie losgemaak terwyl hy vergesel is. Die verdagte het ‘n laai oopgemaak, ‘n vuurwapen uitgehaal en ‘n skoot geskiet. Polisielede het gedink hy wou toiletpapier uithaal. ‘n Polisielid het met die verdagte om die beheer van die vuurwapen gestoei.

“Die polisiebeampte kon takties daarin slaag om beheer te kry en die verdagte is noodlottig gewond.”

Netshiunda sê die verdagte is gesoek vir die moord op ‘n man (24) wat in 2022 tydens ‘n kerkdiens in Wyebank doodgeskiet is. Die verdagte en sy makker het die perseel in Mdonistraat binnegegaan, die oorledene geskiet en daarna gevlug.

Die oorlede verdagte se makker word deur die polisie gesoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief