Verdagte glo op vlug – onderskep op bus na Gauteng

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – ‘n Man (27), wat vermoedelik probeer het om uit Limpopo te vlug, is Maandagoggend in hegtenis geneem, nadat die blitspatrollie en Banderlierkop-polisiebeamptes die bus waarop hy gery het, op die N1 Suid naby Polokwane onderskep het.

Volgens polisiewoordvoerder, kol. Malesela Ledwaba, het beamptes van die blitspatrollie tydens roetine-operasionele pligte ‘n versoek van Banderlierkop-polisie ontvang om ‘n bus wat rigting Gauteng op pad was, te onderskep. Die bus is opgespoor en die verdagte positief geïdentifiseer, waarna hy deur beamptes deursoek is. Koper, wat vermoedelik gesteel was, is by hom gevind en hy is onmiddellik gearresteer. Die verdagte word van huisroof, aanranding met die opset om ernstige liggaamlike besering te veroorsaak en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom aagekla.

Hy sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn. Die polisie se ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief