Verdagte in verdwyning van Madeleine McCann weier ondervraging

Lees ook :

Verdagte in verdwyning van Madeleine McCann weier om ondervra te word fotokrediet: X

INTERNASIONAAL. – Volgens die Duitse metropolisie het die verdagte in die verdwyning van Madeleine McCann, Christian Brueckner, geweier om oor die vermiste Madeleine McCann ondervra te word.

Lees ook: Soektog na Madeleine McCann amptelik opgeskort

Brueckner (48) word Woensdag uit die tronk vrygelaat waar hy ‘n vonnis ná die verkragting van ‘n vrou uitgedien het. Dit is as hy nie aangekla word op nuwe aanklagtes nie. Die metropolisie het gesê ‘n internasionale versoekbrief van Scotland Yard het gevra vir ‘n onderhoud met Brueckner oor die verdwyning van Maddie.

Brueckner, wat ontken dat hy by Maddie se verdwyning betrokke is, het geweier om ‘n onderhoud aan die polisie toe te staan. Hy was tussen 2000 en 2017 in die Praia da Luz-gebied en is in 2005 skuldig bevind aan die verkragting van die 72-jarige vrou in Portugal.

Brueckner het aan ‘n joernalis gesê hy gaan Duitsland verlaat sodra hy vrygelaat word, vir ‘n land met geen uitleweringsooreenkomste nie.

Bronne: Metro, Daily Mail, CNN

Lees ook: Soektog na Madeleine McCann amptelik opgeskort

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief