PORTUGAL. – Die soektog na die vermiste kleuter, Madeleine McCann, is gister amptelik opgeskort.
Lees ook: Soektog na Madeleine McCann se liggaam waarskynlik gou opgeskort
Duitse en Portugese ondersoekers het dierebene en volwassenes se klere in die soektog gekry, maar daar was geen bewyse van McCann se liggaam of van DNS wat haar aan die hoofverdagte, Christian Brückner, kon verbind nie.
Volgens bronne in Portugal sal geen monsters wat in die soektog bymekaargemaak is na Duitsland gestuur word nie. ’n Portugese polisiebeampte het aan The Sun gesê: “Ons het niks gekry nie. Daar is niks wat werd is om na Duitsland te stuur vir toetse nie. Ons is vandag klaar.”
Die soektog is van stapel laat loop ná kommer dat Brückner in September uit Duitsland gaan vlug wanneer hy vir ‘n onverwante saak hy uit die tronk vrygelaat word. Hy is daaraan skuldig bevind dat hy ’n vrou in 2005 in Portugal verkrag het.
Bronne: The Sun, The Independent, The Mirror
Lees ook: Soektog na Madeleine McCann se liggaam waarskynlik gou opgeskort





