WES-KAAP. – Vier onbekende mans het Donderdagaand 10 September omsgtreeks 20:15 ’n woning in Clearwaterweg, Finland, Gordonsbaai, binnegedring en die inwoners tydens ’n huisroof vasgebind.
Polisiewoordvoerder, Thembakazi Mpendukana, sê aan Nuusflits die verdagtes het die slagoffers vasgebind en in die badkamer toegesluit voordat hulle hul persoonlike besittings gesteel het. Speurders van Gordonsbaai-polisie ondersoek die saak. Niemand is tot dusver in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: