Verhoor-afwagtendes ontsnap uit hof, een weer in aanhouding

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – Vier verhoor-afwagtendes het Dinsdag, kort voor 16:00 ontsnap toe hulle uit die Nebo-landdroshof na ‘n polisievoertuig buite begelei is.

Drie van die verhoorafwagtendes is steeds op vrye voet, naamlik Mahlekete Honest (33), Sello Madhodha (18) en Noel Shabangu (40). Madhodha en Chingwedere was vir ses aanklagte van huisroof in die Masemola-polisiëringsgebied aangehou, terwyl Shabangu aangehou is vir oortreding van die immigrasiewetgewing.

Volgens polisiewoordvoerder kol. Malesela Ledwaba is die vehoorafwagtendes ná hofverrigtinge deur ‘n hofordonnan begelei toe vier van die agt verhoorafwagtendes daarin geslaag het om te ontsnap. Polisiebeamptes, veiligheidspersoneel, opsporingspanne en speurders het onmiddellik ‘n soekoperasie in die omliggende gebiede van stapel gestuur. Die vinnige optrede het vrugte gedra toe een van die vier, Sithole Courage Chingwedere (19), nog dieselfde dag in Mabintane in hegtenis geneem is.

Enigeen met inligting oor waar die voortvlugtiges hulleself bevind kan lt.kol. Goodhope Makofane by 072 111 2102 bel. Die polisie-ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief