Verskeie webtuistes en toepassings af weens probleme by Amazon Web Services

Lees ook :

Verskeie webtuistes en toepe af weens probleme by Amazon Web Services fotokrediet: X

VSA. – Verskeie webtuistes en toeps is af weens ‘n onderbreking by die wolkdienseenheid Amazon Web Services in die VSA. Verskeie webtuistes insluitend Amazon, Snapchat, Roblox, Fortnite en Canva was vanoggend in ‘n wêreldwye internetonderbreking af.

Lees ook: CrowdStrike word gedagvaar na internetonderbreking

Webtuistes wat beïnvloed is, sluit in: Snapchat, Slack, Signal, Tinder, Ring, Roblox, Clash Royale, Life360, My Fitness Pal, Xero, Canva, Amazon, Amazon Music, Prime Video, Clash of Clans, Fortnite, Wordle, Duolingo, Coinbase, HMRC, Vodafone, PlayStation, Pokémon Go.

Amazon Web Services het gesê die probleem wat die onderbreking veroorsaak het, is opgelos en dat dit werk om die digitale dienste ten volle te herstel.

Die maatskappy het gesê daar was verskeie “probleme” met versoeke wat aan die datastoordiens DynamoDB gemaak is.

Bronne: BBC, Euronews, Sky News

Lees ook: CrowdStrike word gedagvaar na internetonderbreking

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief