Brekende Nuus
Afrikaans

Video: Vermoedelik besope polisiekonstabel vermaak skare in Soweto Orlando-stadion

Hy was beveel om huis toe te gaan.

Konstabel G Chiloane
Fotokrediet skermskoot van video FlyingNews Live

‘n Besope lid van die SAPD het gister die skare by Soweto se Orlando Stadium vermaak in plaas daarvan om in opdrag na sy huis terug te keer.

Die konstabel het glo Saterdag dronk aan diens rapporteer en was beveel om huis toe te gaan.

In stede daarvan het hy sy weg na die sokkerveld gevind waar hy die skare vermaak het.

In die video word hy vinnig van die veld gelei met die skare se reaksie.

FiND-iT Nuus het uitgereik na die polisie vir kommentaar.

Bron: Flying News Live Update ZA 365/24/7

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.