Vier sterf in ongeluk op N2 naby eMkhondo

Lees ook :

Foto's: Departement van Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling

MPUMALANGA. – Vier mense is vanoggend (Sondag) in ’n ongeluk reg van voor op die N2 tussen eMkhondo en Pongola dood. Twee mans en ‘n vrou in ‘n sedan, sowel as ‘n voetganger, is op die toneel dood verklaar.

Moeti Mmusi, woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling in die provinsie, sê die ongeluk het plaasgevind toe ’n bakkie en ’n sedan mekaar reg van voor getref het. Die bestuurder van die bakkie en ’n kind wat saam met hom in die voertuig was, het ernstige beserings opgedoen en is na die hospitaal in eMkhondo geneem.

’n Ondersoek na die presiese oorsaak van die ongeluk is aan die gang, maar owerhede sê dat roekelose bestuur nie uitgesluit kan word nie.

Jackie Macie, LUR vir dié departement, het motoriste gewaarsku om versigtig te wees, veral op besige roetes soos die N2. Hy het sy medelye betoon met die families van die oorledenes en die beseerdes spoedige herstel toegewens. Die name van die oorledenes sal bekend gemaak word sodra hul naasbestaandes in kennis gestel is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief