Vingerafdrukke ontmasker selfoontoring-tegnikus

Lees ook :

Foto's: SAPD

VRYSTAAT. – Sello Dichaba (43), ’n voormalige selfoontoring-tegnikus, is tot ’n effektiewe 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat forensiese vingerafdrukbewyse hom direk met die plundering van kritieke infrastruktuur verbind het.

Volgens ‘n polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, spruit die saak uit ‘n inbraak in April 2025 by ’n selfoontoring naby Rouxville, waar houers van netwerkverskaffers, onder meer MTN en Vodacom, oopgebreek en koperkabels gesteel is. Forensiese spesialiste van die plaaslike misdaadrekord-sentrum het die toneel noukeurig deursoek en vingerafdrukke versamel wat later tot ’n deurbraak in die saak gelei het. Die ontleding van dié vingerafdrukke het ondersoekers na Dichaba gelei, wat as kontrakteur gewerk en toegang tot selfoontorings gehad het. Hy is daarna in hegtenis geneem en op verskeie aanklagte, insluitend skade aan noodsaaklike infrastruktuur en diefstal, aangekla.

Tydens die verhoor kon hy nie verduidelik waarom sy vingerafdrukke op die toneel gevind is nie. Die hof het hom op 7 Mei 2026 op al vier aanklagte skuldig bevind. Hoewel hy aanvanklik tot ’n gesamentlike 50 jaar gevangenisstraf gevonnis is, het die hof beveel dat die vonnisse gelyktydig uitgedien word, wat beteken hy sal effektief 20 jaar agter tralies deurbring.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief