‘Vlieënde’ perd ontsnap en mors 20 ton brandstof

Lees ook :

’n Vragvliegtuig was gedwing om na New York terug te keer nadat 'n perd tydens die vlug uit sy stal losgebreek het (Fotobron: Getty Images)

LEES OOK: Gevangenes kan nou op rekenaars in selle studeer

VSA — ‘n Amerikaanse vragvliegtuig op pad na België was gedwing om na New York terug te keer nadat ‘n perd tydens die vlug uit sy stal losgebreek het, het Amerikaanse media berig.

Die perd het binne ‘n halfuur van die vlug se opstyg verlede Donderdagaand losgekom toe die vliegtuig op ongeveer 31 000 voet gevlieg het, volgens ABC News. Die vlieënier van die Air Atlanta Icelandic Boeing 747 het toestemming gevra om op die John F. Kennedy- internasionale lughawe te land nadat bemanningslede nie daarin kon slaag om die perd terug in sy stal te kry nie.

Met duisende pond brandstof vir die trans-Atlantiese vlug in die tenk, was die vliegtuig gedwing om sowat 20 ton oor die Atlantiese Oseaan te stort voordat dit veilig terug in New York kon land. Die vlug het sy reis kort ná die voorval hervat en volgens die vlugopsporingswebwerf FlightRadar24 in Liege in België geland.

#Perd #Brandstof #Afrikaans #Nuus

Bronne gebruik: News24; ABC News; Business Insider.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App