Voedsel-inflasie in Suid-Afrika het tot sy laagste vlak in 14 maande gedaal, wat verligting vir verbruikers bring, maar stygende brandstofkoste plaas toenemende druk op die landbousektor.
John Steenhuisen, die Minister van Landbou, sê die daling in voedsel-inflasie is ’n positiewe ontwikkeling vir huishoudings, maar waarsku dat rekordhoë brandstofpryse ’n ernstige bedreiging vir boere inhou. Volgens die jongste data van Statistics South Africa het voedsel- en nie-alkoholiese drank-inflasie in April 2026 tot 2,9% gedaal – die derde agtereenvolgende maand van daling. In Maart was dit 3,6%.
Hy hetgesê die hoē prys vir brandstof kan voedselpryse opstoot indien die tendens voortduur.







