KWAZULU-NATAL. – Die bestuurder (32) van ‘n wit Ford EcoSport het Woensdag met sy voertuig oor ‘n brug gery en in ‘n rivier in Hazelmere beland. Die bestuurder van die voertuig het geringe beserings opgedoen.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê dié diens is ná 12:00 na New Glasgowweg ontbied. Met hul aankoms het hulle die voertuig in die water onder die brug aangetref. Die bestuurder het aan beamptes gesê hy was van Hazelmere na Canelands onderweg toe hy beheer oor die voertuig verloor het terwyl hy die brug oorgesteek het, van die pad af is en onder in die rivier beland het.
Hy is op die toneel vir ligte beserings behandel.







