NOORDWES. – Mariné Pretorius (13), ‘n gr. 8-leerling van die Hoër Volkskool Potchefstroom, se afsterwe Donderdagmiddag weens ‘n swamsiekte word betreur.
Die Volkies Potch het op sosiale media aangekondig dat Mariné oorlede is. Die skool sê dat die menslike verstand sulke tragedies nooit ten volle kan verstaan nie, maar dat hulle vashou aan die beloftes van die Here. “Met diepe hartseer deel ons die afsterwe van Mariné Pretorius. Ons menslike verstand kan nooit ten volle sulke dinge begryp nie, maar ons hou vas aan die beloftes van ons Here. Ons gebede dra haar familie en vriende in hierdie tyd van rou. Mariné was vir ons net vir ’n kort tydjie geleen, maar haar impak en liefde sal vir baie lank voortleef in die harte van almal wat haar geken het.”
Volgens ‘n berig van die Potchefstroom Herald het Mariné die seldsame swamsiekte reeds vir drie weke gehad.





