Voormalige werknemers van onderwysdepartement vir spookwerker-skema van R3 m. gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG.- Twee voormalige werknemers van die Gautengse onderwysdepartement en nog ‘n medepligtige van buite die departement is Donderdag deur die Johannesburgse kommersiële misdaadhof, wat in die Palm Ridge-landdroshof vir bedrog, vervalsing en diefstal gevonnis. Die GDE het die vonnis verwelkom.

Steve Mabona, departementele woordvoerder, sê in ‘n verklaring die oortredings hou verband met ‘n spookwerker-skema wat die departement van ongeveer R3 miljoen beroof het. Die departement se interne risiko-ondersoek het die misdaad aan die lig gebring. Sewe werknemers van die menslikehulpbronne-eenheid by die Gauteng-Wes-distrikskantoor was by die skema betrokke. Betalings is aan nie-bestaande werknemers gegenereer en verwerk. Een van die voormalige werknemers is tot 10 jaar tronkstraf, waarvan vier jaar opgeskort is, gevonnis. Nog ‘n voormalige werknemer is tot agt jaar gevonnis. Die buite-departementele medepligtige is tot drie jaar, vir vyf jaar opgeskort, gevonnis.

LUR Matome Chiloane sê die uitspraak stuur ‘n sterk boodskap dat bedrog en korrupsie nie geduld sal word nie en beklemtoon die departement se verbintenis tot verantwoordelikheid en beskerming van openbare geld.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief