LIMPOPO. – ’n Voorval van ‘n voertuig wat onlangs by ‘n gewilde wildsreservaat in ‘n skingat beland het is nie deur KI geskep nie.
Volgens ‘n sosialemediaplasing van André Snyman, stigter van eblockwatch, het die voorval regtig met vriende van sy vriende gebeur. Snyman beklemtoon dat hy sy reputasie hierop sal wed dat die voorval nie ’n verhaal ios wat deur KI geskep is nie.
Kim Hume sê in die kommentaar die bestuur van die wildreservaat het gesê die gaste is veilig en ongedeerd. Waarskuwings vir die vorming van die sinkgat was nie vooraf sigbaar nie en daarom kon gaste nie vooraf gewaarsku word nie.
Nuusflits het kommentaar van die wildsreservaat gevra.







