Vrou by afrit doodgeskiet, dogter lig beseer

Lees ook :

Foto: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou in haar 50’s het Sondagmiddag op die Kwadukuza-afrit verskeie skietwonde opgedoen en gesterf. Haar volwasse dogter het geringe beserings opgedoen.

Samantha Meyrick, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, sê paramedici is kort ná die voorval na die toneel ontbied nadat rapportering van ‘n skietery ontvang is. Met hul aankoms is die vrou dood in die bestuurdersitplek van ‘n ligte motorvoertuig aangetref.

Meyrick sê voorts die polisie het ‘n moordsaak geopen en ondersoek die voorval.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief