OOS-KAAP. – Dorothy Prentice (40) is op 8 Junie omstreeks 03:00 die oggend laas by haar huis in die Cotswold-area gesien.
Sedertdien word Prentice vermis. Sy is by Mount Road-polisiestasie as vermis aangemeld. Sy was in ‘n swart baadjie, met ‘n wit T-hemp, ‘n denimbroek en wit-en-blou seilskoene geklee.
Prentice is slank en weeg ongeveer 55 kg, is sowat 1.75 m en het blou oë en blonde hare.
Enigiemand wat weet waar Prentice haar bevind, kan AO De Bruin by Mount Road-polisie by 076 041 7944 of 082 779 7186, of Missing Children SA by 072 647 7464 bel. Alternatiewelik kan Missing Minors The Pink Ladies Organisation by 072 214 7439 deur WhatsApp gekontak word.





