Vrou sterf glo tydens aanval voor haar seun

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ’n Vrou (43) is Saterdagoggend by die Cornubia-woonstelle in Cornubia dood nadat sy na bewering deur haar kêrel in die teenwoordigheid van haar 12-jarige seun aangeval is.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die diens is omstreeks 06:20 deur bekommerde bure na die toneel ontbied waar die vrou se liggaam buite haar woning naby die voordeur aangetref is. Haar 39-jarige kêrel, wat glo onder die invloed van alkohol was, was steeds op die toneel. Die seun het aan reaksiebeamptes vertel dat sy stiefpa sy ma omstreeks 05:00 tydens ’n rusie aangerand en verwurg het. Hy kon nie sê wat tot die rusie gelei het nie en het na sy tante se woning langsaan gehardloop om hulp te kry.

Die verdagte is deur reaksiebeamptes in bedwang gebring, nadat hulle met die seun gepraat het. Daar is glo bloed aan sy hemp opgemerk en daar is vasgestel hy het ’n gebarste lip opgedoen tydens ’n worsteling met die vrou.

Volgens die seun was dit glo nie die eerste keer dat die verdagte sy ma aangerand het nie. Hy het na bewering by verskeie vorige geleenthede gesien sy ma word deur die verdagte aangeval.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief