Vrou sterf ná honde-aanval in Paarl-Oos

Lees ook :

Foto: Junaid Smith

WES-KAAP. – Edith Smith (37), ‘n ma van twee, is oorlede nadat sy vroeg Sondagoggend in Cedarlaan deur verskeie honde in New Orleans, Paarl-Oos, aangeval is. Die polisie ondersoek die voorval.

Kapt. F.C. van Wyk, polisiewoordvoerder, het aan Nuusflits bevestig dat Paarl-Oos-polisiekantoor ‘n saak van strafbare manslag ondersoek. Volgens Van Wyk het die voorval omstreeks 04:30 plaasgevind toe Smith na bewering deur verskeie honde aangeval en gebyt is. Sy het verskeie bytwonde aan haar liggaam opgedoen en is na ‘n hospitaal geneem, waar sy later aan haar beserings beswyk het.

Die omstandighede wat tot die aanval gelei het, word ondersoek. Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, word versoek om die Paarl-Oos-polisie te kontak.

Junaid Smith het ‘n boodskap aan sy suster op Facebook gedeel:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief