GQEBERHA. – ‘n Vrou (61) van Beetlestonestraat in Gelvandale is gistermiddag glo volgens vermoede deur haar man (57) by hulle huis vermoor.
Volgens die polisie se inligting wat ná ‘n klagte by die adres is, is die vrou se liggaam binne-in ‘n motor in die erf gevind.
Die man het links agter die motor met verskeie steekwonde aan sy bolyf gelê. ‘n Mes is naby hom gevind.
Die man is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem.
‘n Moordsaak word deur die polisie ondersoek.
Bron: SAPD
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: