Vroue Varsity Beker skop af
Die 2026 Varsity beker vir vroue het 6 Maart afgeskop met die Stellenbosch Maties, wat teen Fort Hare Universiteit se dames te staan gekom het. Die wedstryd, gespeel op die bekende Danie Craven stadion in Stellenbosch, is gekenmerk deur ‘n klomp hanteringsfoute en spelers , aan beide kante, wat nog hul ritme moet vind. Maties, die verdedigende kampioene, kon egter nie die mas opkom nie en moes die onderspit delf teen die dames van die Oos-kaap. Eindtelling 19 – 5 in die guns van Fort Hare.
In ander wedstryde het Universiteit Johannesburg vasgeval teen Tuks en verloor 19-7, terwyl die Kwazulu-Natal dames net-net met Universiteit van Weskaap afgereken het 14-10.
Foto: Johan Maree – aXnshots




