Vroulike mynwerker sterf ná voorval by TauTona-myn

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – ‘n Vroulike werknemer van Harmony Gold Mining Company het Sondag ná ‘n voorval by die TauTona-diensskag naby Carletonville gesterf.

Chipo Morapedi-Mrara, hoof van kommunikasie by Harmony, sê die departement van minerale en petroleumhulpbronne (DMPR) en ander betrokke rolspelers is van die voorval in kennis gestel. Die maatskappy bied ook ondersteuning aan die oorledene se familie en haar kollegas.

Harmony se uitvoerende hoof, Beyers Nel, het sy medelye met die oorledene se familie, vriende en kollegas uitgespreek. Hy sê die maatskappy werk saam met die DMPR en ander rolspelers om vas te stel wat tot die voorval gelei het, sodat die nodige lesse geleer en veiligheidsmaatreëls verder versterk kan word om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom.

Die oorsaak van die voorval word ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief