WAARSKUWING! Video aan die einde van die berig kan sommige lesers ontstel.
GAUTENG. – ‘n Vrou is deur die polisie in hegtenis geneem nadat ‘n e-taxibestuurder Woensdag in sy voertuig in Pretoria-Wes vermoor is. Nog inhegtenisnemings word verwag terwyl die ondersoek voortduur. Die oorledene is op sosiale media as Wiseman Makobe geïdentifiseer. ‘n Video van die misdaad is reeds duisende kere gedeel en meer as miljoen keer oor verskeie platforms gekyk.
Kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê voorlopige ondersoeke dui daarop dat ’n man en vrou die bestuurder se dienste in Pretoria-Wes aanlyn versoek het. Die gekaapte voertuig en die slagoffer se liggaam is later dieselfde dag in Atteridgeville aangetref.
Die vrou sal na verwagting Maandag op aanklagte van motorkaping en moord in die Atteridgeville-landdroshof voorkom.





