INTERNASIONAAL. – Ná drie maande van oorlog het Iran bevestig dat hy ‘n memorandum van verstandhouding met die VSA bereik het om gevegte op alle fronte, insluitend in Libanon, te beëindig. Volgens Iran sal die ooreenkoms Vrydag onderteken word.
Volgens The Guardian het die Amerikaanse president belowe dat “olie weer aan albei kante van die streek, en vir die wêreld, sal vloei”. President Donald Trump het aangekondig dat die Amerikaanse blokkade van Iranse hawens beëindig sal word en dat die Straat van Hormoes op die dag van die ondertekening van die ooreenkoms heropen sal word. Die aankondiging is Sondag op die president se 80ste verjaardag gemaak.
Die ondertekening word vir 19 Junie in Switserland beplan.
Bronne: Al Jazeera, The Guardian





