Vyf kry tronkstraf vir verkragting

DE AAR – Die gemeenskap in Hanover in die Pixley ka Seme-distrik het ‘n groot sug van verligting geslaak toe drie verdagtes op grond van verkragting, tronkstraf ontvang het. Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het ‘n vrou (23) in Oktober 2017 by ‘n plaaslike petrolstasie vir ‘n vriend gewag....

DE AAR – Die gemeenskap in Hanover in die Pixley ka Seme-distrik het ‘n groot sug van verligting geslaak toe drie verdagtes op grond van verkragting, tronkstraf ontvang het.

Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het ‘n vrou (23) in Oktober 2017 by ‘n plaaslike petrolstasie vir ‘n vriend gewag. Matsebe sê toe die slagoffer se vriend egter nie opdaag nie, het sy besluit om terug te loop huis toe.

Op haar pad het vyf mans, tussen die ouderdomme van 17, 19, 20 en 38 haar vasgekeer en haar om die beurt verkrag.

Die polisie is dadelik in kennis gestel en die vyf verdagtes is dieselfde dag nog in hegtenis geneem.

Die vyf het in die De Aarse landdroshof verskyn en die twee minderjariges (17) het borg gekry terwyl die ander drie in aanhouding gebly het tot hul vonnisdatum 4 Februarie 2020.

Die streekshof het Ricardo Arends (19) en David Hendricks (38) tot lewenslank tronkstraf gevonnis. Elvis Arends (20) is 20 jaar tronkstraf gevonnis. Die twee minderjariges sal 2 Maart 2020 weer voor die hof verskyn om gevonnis te word.

Die hoof van gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe bedank die ondersoekbeampte, kapt. Salomie Coetzee, vir haar uitmuntende ondersoek.

Foto: Kapt. Salomie Coetzee.

Jou vergaderings sal glad verloop by die Horseshoe Inn

Navorsing bevind Nestlé sit suiker in babakos in armer lande

Met Chery se voertuie sal jy ‘n verskoning soek om rond te ry

Kenia se weermaghoof sterf in helikopterongeluk

Bela vir skole in SA sal waarskynlik aanvaar word ondanks sterk teenkanting

Kan verdraagsaamheid die eerste tree na liefde wees?

Coca-Cola kan 400 werkers afdank na konstitusionele hof se besluit

Rubberkoeëls geskiet nadat Nigeriërs polisie glo in Kimberley aanval

VSA beweer Israel het Iran aangeval

Daily lotto uitslae vir 18 April 2024

Verdagte druk per ongeluk paniekknoppie tydens huisroof

Nadal by Barcelona Ope uitgeskakel

Slang veroorsaak oponthoud in Japanse treinstelsel

Wêrelderfenisdag: Was jy al by SA se wêrelderfenisgebiede?

Vrou sterf na sy in aanhoudingselle brand

KYK: Misdaadtoneel, twee persone afsonderlik doodgeskiet