Waarskuwing aan inwoners nadat 15 honde vergiftig is

Lees ook :

Foto's: Sandton DBV

GAUTENG. – Inwoners van Observatory en De Wetshof in Sandton word dringend gewaarsku nadat ‘n kommerwekkende misdaadpatroon van vergiftigde honde in die gebiede ontbloot is. Dit kos nie net troeteldiere se lewens nie, maar stel ook families in gevaar. Tot dusver het 15 honde aan vergiftiging gesterf.

Inspekteurs Xolane and Warren van die Sandton dierebeskermingsvereniging (DBV) het ná verskeie oproepe van bekommerde inwoners ondersoek ingestel en 20 huise besoek. Hulle het ‘n skokkende ontdekking gemaak: misdadigers gooi glo hotdogs met ‘n swart gifstof daarin oor heinings om honde uit te skakel. Tot dusver het 15 honde as gevolg hiervan gesterf. Maar dit stop nie daar nie. In verskeie gevalle het die vermeende vergiftigers gewag totdat die honde dood is voordat hulle die huise binnegedring het. Gesinne is glo aangehou en waardevolle besittings is gesteel.

Die DBV-inspekteurs het die geraakte gesinne gehelp om klagtes by hul plaaslike polisiekantore te lê en werk tans saam met ondersoekbeamptes om die skuldiges op te spoor. Inwoners word gevra om hul eiendomme gereeld vir verdagte kos te deursoek. Sodanige kos moenie met die kaal hande aangeraak word nie. Dit moet weggehou word van troeteldiere, verseël word en by die polisie of naaste DBV aangemeld word.

Tekens dat jou hond dalk vergiftig is, sluit oormatige kwyl, braking, bewerigheid of stuipe, moeilike asemhaling en swakheid in. As jou troeteldier skielik siek word ná die eet van iets verdags, soek onmiddellik veeartshulp, want elke minuut tel.

Vir noodgevalle kan die Sandton-DBV by 082 460 2765 gebel word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief