Wat om met eensaamheid te doen?

Lees ook :

Wat om met eensaamheid te doen?
Wat om met eensaamheid te doen?

Dié rubriek is deur Bybel-Media geskryf

Daar is sekere hoofstukke in die lewe wat ons aan eensaamheid bekendstel. Dit mag dalk as gevolg van ’n groot lewensverandering, soos ’n egskeiding of die einde van ’n vriendskap, wees. Dit kan egter ook iets wees wat ’n mens selfs in die teenwoordigheid van ander mense ervaar. Die gevoel van eensaamheid is nie noodwendig dieselfde as om fisies alleen te wees nie. Ongeag hoe of wanneer dit ontstaan, is dit moeilik om te weet wat om met eensaamheid te doen wanneer dit wel aan jou deur klop. Hieronder is ’n paar maniere om die gevoel van eensaamheid te bekamp:

Doen waarvan jy hou, alleen

Alhoewel dit vir baie mense meer genotvol is om dinge saam met ander te doen, beteken dit nie dat dinge wat jy alleen aanpak enigsins minder betekenisvol hoef te wees nie. As jy baie van die fliekteater hou, neem jouself op ’n filmaanduitstappie. Is jy iemand wat mal is oor nuwe plekke ontdek? Besoek nuwe kafees, museums of tuine op jou eie. Gaan uit en doen die dinge waaroor jy passievol is en deel jou ervaring met ander wat dieselfde voel. Dalk, net dalk, vat ’n nuwe vriendskap vlam as gevolg daarvan.

Skep iets vanuit eensaamheid

    Wanneer jy vir ’n tyd met eensaamheid moet stap, maak seker dat dit vir jou iets sal beteken. Hou ’n dagboek met inskrywings oor hoe jy voel en die belangrike dinge waaraan jy dink sodat jy  in die toekoms daarop kan reflekteer. Maak tuin. Verf ’n muur in jou huis. Leer nuwe resepte. Doen iets om hierdie tydperk van jou lewe te herdenk vir wanneer jy jare later met waardering en insig kan terugkyk.

    Wy dié tyd aan jouself

      Gebruik die tyd wat jy op jou eie is, om opsetlik alleen – nie eensaam nie – te wees. Daar is soveel betekenisvolle, lewensveranderende dinge wat jy alleen kan doen. As jy dit geniet om te lees, lees daardie boeke wat jy nog altyd wou lees. As jy nie hou van lees nie, vind ander maniere en mediums van lees wat jou wel interesseer. Jaag ’n stokperdjie na en wees jouself genadig as dit nie natuurlik kom nie. Vind ’n goeie potgooi om te luister terwyl jy aan jou nuutgevonde aktiwiteit werskaf!

      Detecting your platform...

      Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

      Teken in op ons nuusbrief