Lees ook: Olimpiese ringe sal op Eiffel-toring vertoon word vir Parys-spele
PARYS, FRANKRYK. – Die swemafdeling van die driekamp kan gekanselleer word as swaar reën die gehalte van die water in die Seine-rivier versleg.
Onlangse toetse van die water het “kommerwekkende” vlakke van E.coli in die rivier getoon. Die president van Parys 2024, Tony Estanquet, het gesê daar is planne gemaak vir as die probleem nie opgelos kan word nie.
Organiseerders het gesê die water sal elke dag tydens die Olimpiese Spele getoets word om seker te maak dis veilig. Die Olimpiese Spele begin op 26 Julie en die Paralimpiese Spele op 28 Augustus.
Bronne: BBC, Sky News, The Guardian
Lees ook: Olimpiese ringe sal op Eiffel-toring vertoon word vir Parys-spele





