Die Kaapstadse direktoraat vir water en sanitasie sal vanaf vandag tot die 20ste onderhoudwerk in sekere gebiede doen, wat tot watertoevoeronderbrekings sal lei.
Lees ook: Waarskuwing vir onstuimige wind vir vandag uitgereik
Die Voëlvlei-waterbehandelingsaanleg sal vandag tot Saterdag vir onderhoud afgeskakel word en dié by Faure sal vandag vanaf 08:00 tot 24:00 vir onderhoud afgeskakel word.
Daar sal ook watertoevoeronderbrekings wees by Eureka Estate, Elsiesrivier, Wynberg-Oos, ‘n deel van Wetton en ‘n deel van Rylands.
Bronne: City of Cape Town
Lees ook: Waarskuwing vir onstuimige wind vir vandag uitgereik