Wayne Barnes, WBR-skeidsregter, tree uit

Lees ook :

Rugbywereldbeker skeidsregter, Wayne Barnes, kondig aftrede aan
Wayne Barnes, WBR-skeidsregter, tree uit fotokrediet: X

Lees ook: All Blacks soek antwoorde oor skeidsregter se besluite in finale wedstryd van RWB

Wayne Barnes, die wêreld se mees ervare skeidsregter, het gister sy uittrede aangekondig na hy die skeidsregter by vyf Wêreldbeker-rugbytoernooie was.

Barnes was verlede week die blaser by die finaal tussen die Springbokke en All Blacks. Hy is na die wedstryd baie gekritiseer oor beslissings en het glo selfs doodsdreigemente ontvang. Sy vrou Polly het tot sy verdediging op sosiale media gekom.

Barnes, ‘n advokaat van beroep, het sy uittrede gister aangekondig en het gesê hy het na verlede week se wedstryd geweet dit is die regte tyd vir hom om te gaan. Hy het gesê hy gaan steeds ’n kampvegter wees vir skeidsregters en sal teen dreigemente en die boelie van skeidsregters staan.

Bronne: IOL, X, eNCA, BBC

Lees ook: All Blacks soek antwoorde oor skeidsregter se besluite in finale wedstryd van RWB

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief