Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku teen uiterste brandgevaartoestande oor die noordoostelike dele van die Noord-Kaap vandag. Terselfdertyd word baie koue toestande verwag, met dagtemperature van 10 grade en laer oor die suidelike Namakwa van die Noord-Kaap, asook oor die Witzenberg-munisipaliteit en die Sentraal-Karoo-distrik van die Wes-Kaap, vanaf vandag tot Maandag.
Inwoners van die streke word aangeraai om teen die koue voorsorg te tref en bedag te wees op die hoe brandrisiko in die droeë gebiede. Oor die binneland word oggendmiskolle en moontlike motreën verwag, wat later behoort op te klaar.
Die kusgebiede kan verspreide buie en ru see verwag soos ‘n koue front oor die land beweeg. Die weerdiens versoek die publiek om amptelike waarskuwings te volg en onnodige veldvure te vermy gedurende die hoerisikotydperk.





