Sinopse: Onheil op Onrus
Iemand speel ’n grusame speletjie op Onrus.’n Oudonderwyseres word in haar dansateljee vermoor en twee vroue word ontvoer en gemartel. Kaptein Werner de Wege en adjudant Lisamore Talakase moet ’n legkaart bou om die raaisel op te los, maar die belangrikste stukke speel wegkruipertjie met hulle.
Sal die speurders die moordenaar betyds kan vastrek voor die volgende slagoffer val? En wat het ’n afgetrede onderwyseres, ’n bekende dokter, ’n sukkelende eiendomsagent en ’n boer gemeen?
Christelle Wessels is die skrywer van Adder, Brandmerk en Om beter te kan moor. Eersgenoemde is vir ’n ATKV-Woordveertjie genoem. Sy woon aan die voet van die Magaliesberge in Rustenburg, Noordwes.
Kliek hier vir meer inligting: https://www.penguinrandomhouse.co.za/book/wegkruiper/9781776380695
*ADVERTENSIE
Lees ook: Hou aan raai wanneer jy Die Beweging van Bloed deur Pieter Stoffberg lees