Werksgeleentheid: Digitale verkope by Nuusflits.com

Lees ook :

Raak jy opgewonde oor verkope? Is jy iemand wat op jou eie kan werk, ‘n borrelende persoonlikheid het en passievol raak oor jou werk?

Nuusflits.com is op soek na ‘n digitale verkoopspersoon om by ons dinamiese span aan te sluit. Jy word ondersteun deur ‘n redaksie-, digitale bemarking-, en tegniese span om seker te maak jou werk is eintlik net lekker.

Die ideale kandidaat sal oor die volgende beskik:

‘n Gepaste tersiêre kwalifikasie;

Ondervinding in verkope – digitale verkope sal ‘n pluspunt wees;

Baie goeie begrip van aanlynplatforms en sagteware wat gebruik word om advertensieveldtogte aanlyn te bestuur;

Goeie kommunikasievaardighede en ‘n oog vir ontwerp;

Buite-die-boks-denker wat aan opwindende bemarkingsplanne vir Nuusflits se adverteerders kan dink.

Aansoeke sluit 19 April, 2024

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief