Raak jy opgewonde oor verkope? Is jy iemand wat op jou eie kan werk, ‘n borrelende persoonlikheid het en passievol raak oor jou werk?
Nuusflits.com is op soek na ‘n digitale verkoopspersoon om by ons dinamiese span aan te sluit. Jy word ondersteun deur ‘n redaksie-, digitale bemarking-, en tegniese span om seker te maak jou werk is eintlik net lekker.
Die ideale kandidaat sal oor die volgende beskik:
‘n Gepaste tersiêre kwalifikasie;
Ondervinding in verkope – digitale verkope sal ‘n pluspunt wees;
Baie goeie begrip van aanlynplatforms en sagteware wat gebruik word om advertensieveldtogte aanlyn te bestuur;
Goeie kommunikasievaardighede en ‘n oog vir ontwerp;
Buite-die-boks-denker wat aan opwindende bemarkingsplanne vir Nuusflits se adverteerders kan dink.
Aansoeke sluit 19 April, 2024