Werksgeleentheid: Finansiële Bestuurder

Lees ook :

Wildeklawer is Afrika se grootste uie produsent en ’n primêre verskaffer van aartappels, wortels en beet aan plaaslike markte. Die besigheid het sy hoofkantoor te Barkly-Wes (naby Kimberley), met werksaamhede wat oor drie produksie-eenhede verspreid is. Deur innoverende boerdery-ontwerpe en presisieboerderytegnologie te benut, het Wildeklawer homself gevestig as ‘n pionier in die varsproduktebedryf in Afrika. Ons bly diep gewortel in ons plaaslike gemeenskap en speel ’n aktiewe rol in opheffing deur jeugsport-inisiatiewe. Wildeklawer bied langtermyn-loopbaangeleenthede aan talentvolle spanspelers wat optimalisering geniet. Weens uitbreiding is ons op soek na die volgende rolspeler om by ons dinamiese span aan te sluit.

Finansiële Bestuurder:

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir:

  • Administratiewe- en rekeningkundige funksies;
  • Verwerking van inligting en voorbereiding van verslae met betrekking tot voorraad- en batebestuur;
  • Verwerking van onderhoudskoste inligting op bates;
  • Voorbereiding van maandelikse bestuursverslae met betrekking tot winssentrums.

Die geskikte kandidaat beskik oor:

  • ’n Toepaslike tersiêre kwalifikasie met voltooide klerkskap wat as sterk aanbeveling sal dien;
  • 3 tot 5 jaar relevante ervaring;
  • Uitstekende rekenaarvaardighede (Excel) – Moet werklik bo-gemiddeld wees;
  • Ondervinding in Microsoft Navision sal as sterk aanbeveling dien.

Stuur asseblief u CV aan: e-pos: [email protected]

Vir navrae, kontak Theresa Lategan by 053 531 9725.

Doen hier aansoek:

Sluitingsdatum: 22 April, 2024.

Indien u nie binne dertig dae na die sluitingsdatum van ons verneem nie, moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.

ADVERTENSIE

Wil jy jou werksgeleentheid by Nuusflits adverteer? Stuur ‘n e-pos aan [email protected] vir ‘n kwotasie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief