Werksgeleentheid: Logistieke Bestuurder

Lees ook :

Wildeklawer is Afrika se grootste uie produsent en ’n primêre verskaffer van aartappels, wortels en beet aan plaaslike markte. Die besigheid het sy hoofkantoor te Barkly-Wes (naby Kimberley), met werksaamhede wat oor drie produksie-eenhede verspreid is. Deur innoverende boerdery-ontwerpe en presisieboerderytegnologie te benut, het Wildeklawer homself gevestig as ‘n pionier in die varsproduktebedryf in Afrika. Ons bly diep gewortel in ons plaaslike gemeenskap en speel ’n aktiewe rol in opheffing deur jeugsport-inisiatiewe. Wildeklawer bied langtermyn-loopbaangeleenthede aan talentvolle spanspelers wat optimalisering geniet. Weens uitbreiding is ons op soek na die volgende rolspeler om by ons dinamiese span aan te sluit.

Logistieke Bestuurder

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir:

  • Die optimisering van Wildeklawer se eie vloot en die bestuur van eksterne logistieke kontrakteurs;
  • Roetebeplanning en voorraadskedulering;
  • Reël die vervoer van personeel;
  • Optimalisering van alle logistieke hulpbronne;

Die geskikte kandidaat beskik moet beskik oor:

  • Toepaslike ondervinding van sowat 5-7 jaar in ‘n soortgelyke pos;
  • ‘n Toepaslike tersiëre kwalifikasie in Logistieke Bestuur sal as sterk aanbeveling dien.

Stuur asseblief u CV aan: e-pos: hr@wildeklawer.com

Vir navrae, kontak Theresa Lategan by 053 531 9725.

Doen hier aansoek:

Sluitingsdatum: 28 Mei, 2024.

Indien u nie binne dertig dae na die sluitingsdatum van ons verneem nie, moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.

ADVERTENSIE