Wildeklawer is Afrika se grootste uie produsent en ’n primêre verskaffer van aartappels, wortels en beet aan plaaslike markte. Die besigheid het sy hoofkantoor te Barkly-Wes (naby Kimberley), met werksaamhede wat oor drie produksie-eenhede verspreid is. Deur innoverende boerdery-ontwerpe en presisieboerderytegnologie te benut, het Wildeklawer homself gevestig as ‘n pionier in die varsproduktebedryf in Afrika. Ons bly diep gewortel in ons plaaslike gemeenskap en speel ’n aktiewe rol in opheffing deur jeugsport-inisiatiewe. Wildeklawer bied langtermyn-loopbaangeleenthede aan talentvolle spanspelers wat optimalisering geniet. Weens uitbreiding is ons op soek na die volgende rolspeler om by ons dinamiese span aan te sluit.
Menslike Hulpbronne Bestuurder:
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir:
- Die bestuur van die Menslike Hulpbronne Afdeling
- Implementering van ’n loopbaanontwikkeling en opvolgerbeplanning proses
- Vestiging van ’n prestasiekultuur
- Sien toe dat alle toepaslike statutere prosesse en ander HR fokusareas effektief bestuur word
Die geskikte kandidaat beskik moet beskik oor:
- Toepaslike ondervinding van sowat 8-10 jaar in ’n soortgelyke pos,
- ’n Toepaslike tersiëre kwalifikasie
Stuur asseblief u CV aan: e-pos: hr@wildeklawer.com
Vir navrae, kontak Theresa Lategan by 053 531 9725.
Doen hier aansoek:
Sluitingsdatum: 28 Mei, 2024.
Indien u nie binne dertig dae na die sluitingsdatum van ons verneem nie, moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.
ADVERTENSIE
Wil jy jou werksgeleentheid by Nuusflits adverteer? Stuur ‘n e-pos aan nuus@nuusflits.com vir ‘n kwotasie.