Women for Change se petisie verwerp om geslagsgeweld nasionale noodtoestand te laat verklaar

Lees ook :

Women for Change se petisie om geslagsgeweld nasionale noodtoestand te verklaar verwerp fotokrediet: Facebook

Women for Change se petisie aan die Nasionale Rampbestuursentrum om geslagsgeweld ‘n nasionale ramp te laat verklaar, is verwerp.

Lees ook: Women for Change beplan nasionale stilstand oor vrouemoord vir 21 November

Volgens ‘n plasing op Facebook het die Nasionale Rampbestuursentrum gesê die “bestaande raamwerk”, insluitend die nasionale strategiese plan vir geslagsgeweld, is genoeg.

Women for Change het in die Facebook-plasing gesê: “Hierdie sisteme en bestaande raamwerk het ons gefaal”.

President Cyril Ramaphosa het vyf jaar gelede R21 miljard belowe om teen geslagsgeweld te veg, maar volgens Women For Change is geen verslae oor vordering aan die publiek gelewer nie en daar is geen verantwoording nie, terwyl 5 578 vroue in een jaar vermoor is.

Women for Change het vir 21 November, die dag voor die G20-beraad, ‘n nasionale stilstand uitgeroep. Vroue word aangemoedig om nie geld op daardie dag uit te gee nie en om 12:00 vir 15 minute glad nie te werk nie. Mense word aangemoedig om pers profielfoto’s op sosiale media te plaas en op 21 November swart te dra.

Bronne: Facebook

Lees ook: ‘Huishoudelike geskil’ lei tot dood – verklaar geslagsbaseerde geweld as nasionale ramp – petisie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief